< Afrikaans  
        
      Les 7: Klankleer; Spraakklanke
•Ons het 3 spraakklanke nl. vokale, konsonante en diftonge.
1. Vokale
- Word gevorm deurdat lug vrylik na buite beweeg.
 - Alle vokale is stemhebbend.
 - a, e, i, o, u, ie, eu, oe
 - a~e~o= kort vokale
 
aa~ee~oo= lang vokale
2. Konsonante
- Word gevorm deurdat dit deur een of ander spraakorgaan(Tande, tong, lippe, kleintong, neus of verhemelte) versper word.
 - Nie alle konsonante is stemhebbend nie, sommige is stemloos.
 
- Nasale; m,n,ng
 
Deur die neus gevorm.
- Laterale; l= tong druk teen tandvleis
 
             en lug beweeg na buite 
             deur kante.
- Triller; R= word met tong gevorm.
 
Bry- r= met kleintong gevorm.
- Frikatiewe;v,f,w,z,s,g,c=wrywingsklanke tussen die tande en lippe
 - Eksplosiewe/ploffers; b,d,k,t,p
 - Affrikaat; ts- tsetsevlieg
 
3. Diftonge Samesmelting van 2 vokale wat as een uitgespreek word.
- oei~ koei
 - ei~ lei
 - ooi~ nooit
 - ui~ lui
 - aai~ kraai
 - ai~ baie
 - eeu~ leeu
 - y~ly
 - oi~ noientjie
 
    This article is issued from Wikibooks. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.